Monday, March 9, 2009

Internet/Selfoon as jy in OZ aankom

Ek was in dieselfde posisie as meeste van die volk toe ek in OZ aankom. Jy moet so vinnig as moontlik "online" kom sodat jy kan werk kry/familie kontak/facebook/porn download of wat ookal op die internet.

Paar opmerkings :

- jou ZA foon behoort hier te werk. My en vroulief se ou vrot Nokia's het sonder enige probleem gewerk.

- Moenie, ek herhaal MOENIE Vodafone prepaid koop vir jou internet konneksie nie. Ek het heel rustig hier aangekom en $100 se Vodacom prepaid gekoop, in my HSDPA modem gesit en gedink ek's die kat se snorbaarde. Volgende dag toe werk die @$#@ ding nie en ek sien toe daar's f-ol geld oor. Vodafone is ontsaglik duur met hulle MB koste.

- Vodafone se prepaid moet jy opas want die goed verval sommer vinnig. Moenie maak soos ek en $100 se airtime koop (dis nou vir die gewone telefoon en nie internet) en dink die geld gaan lank hou nie. Ek sit nou met $50 wat oor `n week verval (het $100 2 maande terug opgesit). Sal nou maar dat vroulief haar mamma in ZA bel en die geld uitklets voor dit verval. Jy moet ook "recharge" voor die laaste geld verval of die nommer verval.

- As jy sonder enige hare/kontrakte/bloedskenk `n internet konneksie wil aanskaf, kyk na 3 Mobile. (http://www.three.com.au/) Die ander spul soek almal kontrakte, al is die prepaid. Hulle is in meeste groot winkel sentrums, jy loop in, vul die vorm in, gee die kontant en stap uit met die modem en "voucher" vir data. Dink dit was so $120 vir die modem en dan $149 vir 12GB se data -daar is kleiner data eenhede. Let wel - die data pakket verval na `n jaar. Maak ook seker die puisiegesig agter die toonbank "activate" die storie vir jou. Die kalant wat myne hanteer het, het opgevoeter en ek moes eers deurbel om dit aan die gang te kry.

No comments:

Post a Comment