Thursday, February 26, 2009

Vuurwapens na OZ

Baie van die volk wat na OZLand wil verhuis maak die fout om hulle vuurwapens by die plaaslike polisiekantoor in te handig sodat dit in aller tipe misdade in die republiek gebruik kan word.
As jy jag en jou wapens wil oorbring, doen dit gerus.

Ek is tans besig met die prosess en hiermee dinge soos ek dit tot nou toe gedoen het :

ZA se kant van die storie :
Gebruik Legally-Armed (http://www.legally-armed.co.za) in Kempton Park om te help. Hulle telefoon nommer is : 011 394 7961. Die dame om mee te praat daar is Wendy, sy's nog `n lid van die volk wat baie behulpsaam is en ken haar storie met die goete. Kry vingerafdrukke by jou vrinlike plaaslike polisiekantoor. Vat jou paspoort, ID en lisensies en gewere deur na Wendy toe. Dit help as jy die gewere ook klaar in ordentlike kaste het sodat hulle nie die goed moet laat maak nie. Ek het myne in 2 plastiek geweerkiste met spons binne-in oorgehandig. Maak ook net seker jy olie die goed ordentlik want jy weet nie in watse omstandighede hulle gestoor gaan word nie.

OZ se kant van die storie :
Skakel `n geweerwinkel in die stad waar jy gaan bly. Hulle organiseer dan `n invoerpermit sodat hulle die gewere invoer en hou tot jy jou OZ lisensies het. Die' permit word deurgestuur na Wendy toe sodat sy by die ZA Polisie uitvoerpermitte kan organiseer. As sy dit het voer sy die wapens direk uit na die geweerwinkel in OZ. Ek is in Perth en gebruik `n ou met die naam van Glen R. Goudie (Maatskappy : ABCYL PTY LTD, Tel : 61 8 9258 4100) . Hy't my ingelig dat hy tans besig is met 11 van die volk om hulle gewere oor te bring en klaar 30 van ons by sy plaaslike skietklub het.

Om `n lisensie in OZ te kry is baie soos in ZA maar sonder al die k.k waaraan ons daar gewoond was. Sluit by klub aan, doen aansoek en hulle doen onderhoude ens. en as jy nie krimineel is nie behoort jy lisensie te kry. Ek weet dit is die geval met "Permanent Residency" visa's, dinge kan anders werk op 457 en ander tydelike visa's. Indien hulle jou afkeur moet hulle dit kan verduidelik - nie net sommer die ou storie van afkeur sonder enige rede nie.

Ek bring net jag/hael gewere oor maar as jy rerig lief is vir jou handwapen is dit ook moontlik deur dieselfde proses te volg. Dit lyk net vir my die wapen moet dan by die skietklub bly waar jy dan skiet met hom. Jy't in elk geval nie `n handwapen by die huis hier nodig nie, Phineas het nog nie die plek oorgeneem nie.

No comments:

Post a Comment