Sunday, April 26, 2009

Braai In OZ

Gelukkig vir die lede van die volk wat OZ toe kom is die plaaslike bevolking ook baie lief vir braai en die weer is goed genoeg dat mens lekker baie buite kan verkeer. Meeste huise hier het ook stoep/onthaal areas om buitelig brasserye in te hou.

Paar opmerkings :

Charcoal/Brikette : Het al die hele spul probeer en vind die beste waarde vir geld is "Heat Beads" :

Die goed maak ordentlike kole wat lank hou - vergelyk goed met Charka se produk. Dit werk die goedkoopste uit om die 10KG sakke aan te skaf, hulle kos enigeiets van $10-$15 en is orals beskikbaar.

Hout : Het al sukkses behaal deur met "Jarrah" te braai. Hy ruik nogal aangenaam maar jy't `n spul nodig omdat sy kole nie lank hou nie. Beste is om hom aan te vul met brikette dan het jy ordentlike kole saam met die lekker rook en vlamme wat mens soek as jy ordentlik wil braai. Mens kan die Jarrah per ton koop of in sakkies. Ek betaal op die oomblik $13 vir `n 15KG sak hier in Perth.


Vuuraanstekers : Mens kry orals die goed - soos die Blitz produk in ZA. Of as jy baie braai en meer prakties is - gebruik uitgedroogte tee-sakkies wat jy in Parafien sit. (Ek gebruik sommer die Diesel uit die Cruiser se ou diesel-filter uit as ek hom diens hiervoor)

Gas Braais : Mens koop die goed orals hier in allerhande grootes/kleure/geure met `n klein-huisie vol toebehore/parte beskikbaar. As jy een in ZA het, bring hom saam. Die groot standaard 9KG gasbottels hierso werk net so op `n ZA gasbraai. Die "regulators" het dieselfde skroef-draad. Los die bottel by die huis, hulle sal hom nie hier volmaak/omruil nie. Jy koop hier `n nuwe bottel en dan ruil mens die goed by jou plaaslike garage in vir `n vol een soos benodig.


Cadac goete : Bring jou Cadac goete saam - mens koop hier `n "adapter" dan loop hulle koning op die plaaslike gas bottels. Al die SA winkels (OZ is mos vervuil met die goed) het die adapters, noem dit iets soos : Campmaster gas converter (Cadac type). Jy moet die Cadac bottels los, hulle sal die goed nie hier volmaak nie. Hier's hoe die "converter" lyk :




Roosters : Jou normale toeknyp-rooster is duur hierso. Die plaaslike goed was ek al gesien het is relatief pateties en as jy `n ordentlike ding soek moet jy by die vrinlikke SA winkel in jou area gaan koop. Hulle sodomiseer jou dan op die prys. Pak jou roosters en kry sommer `n paar nuwes ook - hulle vat mos nie baie plek nie.

Potjies : Het al in die winkels die platboot-tipe gesien. Hulle roep hom `n "bush oven" hierso. Mens kry die 3-poot tipes by die SA winkel maar weereens ruk hulle die hoender op prys. Pak eerder maar in as jy het want dink nie jou skoonma gaan dit geniet as sy `n pot moet saam dra per handbagasie as sy kom kuier nie.